

PIZZA DEEG IN DIE BROODMASJIEN
Ons gebruik die Weber pizza deeg:
300 g sterk witbrood meel
300 g ‘OO’ meel ( die fyn meel wat jy vir pasta gebruik)
7 g pakkie kitsgis
3 eetlepels olyfolie
2 teelepels stroosuiker
2 teelepels sout
375 ml warm water
Meng alles saam in broodmsjien en stel op ‘deeg’ setting. OF meng en knie vir omtrent 10 minute. Laat rys in warm hoekie vir een uur of tot dubbel volume. Deel in 4 balle en rol uit vir pizza. As jy nie alles gebruik nie hou dit vir meer as ‘n week in yskas ( clingfilm of deksel op houer). As julle nie dubbel ‘OO’ meel kry nie, gebruik gewone koekmeel.
RESEP: Nicolette Fick






