PERFEKTE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Ilona Turner Chester
FOOD LOVERS RECIPES
Ek glo aan ‘n gemmerkoekie moet die barste in hê en ook lekker knappig wees en moet al jou koffie of tee kan opsuig as jy hom daar indruk die resep het my nog nooit teleur gestel nie, ek het ook met hom begin speel en die suiker helfte vervang met demerara suiker wat ook heerlik was.
250 ml (230 g) BOTTER
250 ml (200 g) wit suiker
250 ml goue stroop
50 ml gemaalde gemmer (gooi meer in as jy van sterk gemmer hou)
10 ml koeksoda
12,5 ml melk
4 x 250 ml (525 g) koekmeel
5 ml sout
Meng die botter, suiker, stroop en gemmer vinnig.
Meng die koeksoda met die melk en voeg by die bottermengsel.
Voeg die meel en sout by en meng vinnig.
rol die deeg in balletjies en druk effens plat.
Bak tot goudbruin teen 190°C.
Die resep lewer so nagenoeg 100 koekies en hou ook lank in ‘n lugdig blik. GENIET!
Notas:
Cecile Truter Matthee
Het julle geweet as jy die gemmerkoekies met water verf voordat dit gebak word, kry jy die perfekte krakies.
Bernadene Daniell Prinsloo
Ek het hierdie een in die week gebak en so teelepel rooipeper ingesit. Bring die gemmer se smaak nog meer uit.









I would love you to try this and see your comments !!!