LEWERKOEKIE MET ‘N TWIST
My ma se lewer koekie resep met my eie “touch” het ‘n lekker vetkoekie om die lewerkoekie gebak, het pitmielies in die slapdeeg vetkoek in gemeng. Lekkerste ding wat ek heel dag in my mond gesit het – ‘n moet probeer.
Maal fyn saam:
750 g lewer
250 g maalvleis
3 aartapels
2 uie
1 ui, fyngekap, meng by
10 ml bakboeier
45 ml witassyn
Meng alles saam en voeg koekmeel by tot beslag lekker dik is om met lepel in diep olie te skep.
Gooi sout en peper in beslag na smaak. Bak in diep olie tot donkerbruin.
Vir slap deeg vetkoek:
2 koppies koekmeel
10 ml bakpoeier
2 eiers
1 blik heelpit mielies
5 ml sout
Meng alles saam en voeg water by tot beslag loperig is om lewerkoekies te bedek.
Doop gaar lewerkoekies in vetkoek beslag en bak in diep olie tot goudbruin.
Baie lekker en kan dit vries en later weer warm maak en geniet.
BRON- Shaun Dominic Kok