

KOOL EN KAPPERTJIESAADSLAAI
Was weer vanoggend een van daardie wat-eet-ons-vandag dae. Was ook nie lus vir die tradisionele koolslaai nie. Het toe goeters bymekaar gegooi en dit het ongelooflik lekker uigekom. Dis nou nie ‘n resep nie maar het so verloop. Hoeveelhede moet julle aanpas na aanleiding van julle gaste/familielede. Sal dit DEFNITIEF weer maak.
Kool fyn-fyn gesnipper in repies (nie gerasper nie)
Paar ingelegde kappertjiesade (capers) (ons vrek daaroor) fyn gekap en ‘n paar grofgesny vir versiering.
Gelyke hoeveelhede mayonnaise (bietjie verdun met melk) en Griekse slaaisous (creamy)
Meng alles liggies en roer in kool saam met fyngekapte kappertjiesade.
Laat staan vir ongeveer ‘n uur en strooi grofgesnyde kappertjiesade oor as versiering.
Slaai het ‘n heerlike vars kruiesmaak.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand






