Sif saam 12 koppies koekmeel en 18 teelepels bakpoeier
Smelt 500 g botter
Klits 3 eiers en voeg die volgende by:
2 blikke kondensmelk
1½ koppie suiker
2 teelepels vanilla geursel
1 teelepel sout
Klits afgekoelde gesmelte botter by die eiermengsel in, meng dan die droë bestanddele in.
Knie tot ‘n lekker elastiese deeg.
Ek gebruik ‘Spray n Cook’ in panne.
Druk gelyk in 2 swart oondpanne, merk met mes.
Bak 180ºC 25 min (thermofan).
Resep en foto: Jenny Schneigansz








