Ons ete vanaand. Ment lams choppies met mash en ‘n groenterige gebak wat ek gemaak het. nie ‘n resep nie maar sal verduidelik.
2 eiervrugte
1 pannetjie baby marrows
1 geel en 1 rooi peper
2 knoffelhuisies gekap
Basielie blare
1 blikkie gekapte tamaties
knypie suiker
2 k witsous en 1 k gerasperde cheddar kaas
sout en peper
Ek het die eiervrug in skywe gesny en bietjie geweek in sout. Die pepers gerooster in die oond en die skille afgetrek. die eiervrug skywe in pan gebak asook die baby marrows tot net sag. Die spulletjie in lae gepak en gebak by 180 tot dit borrelend was
Martie Fourie Moolman