ENGELTERT
1 Pakkie Nutty Crust koekies
90g botter gesmelt
2lt Vanilja roomys saggemaak
1 blikkie Caramel Treat
1 Flake-sjokolade
Metode:
Spuit jou losboompan van 23cm met kleefvrysproei
Maak die koekies fyn en meng met jou gesmelte botter en voer jou pan se boom en n entjie van die kante daarmee uit. Verkoel sodat jou kors ferm word.
Bedek die kors met lae van 1/3 Roomys, 1/2 Karamel en nog n 1/3 van die roomys en die res van die karamel en ten slotte die laaste van die Roomys.
Bedek dit en Vries.
Haal so 15min voor bediening uit en versier dit met die “Flake” bo-op.
RESEP: Hilary Biller