�Die derde resep kom van die Kaapse sjef Wynand du Plessis, wat ‘n Mexikaanse demonstrasie gehou het. Dit was met die ondersteuning van Checkers. Uit sy resepte gee ek vir julle die een van chimmichurri. Dit is ‘n slaaisous, maar kan oor enigiets bedienword. Hy het ‘n lekker kruisskyf gaargemaak, dit in repies gesny en in slaai bedien met die chimmichurri oor.
Dit is heerlik en geurig. As jy nie te veel van brand hou nie, haal die rissies se pitte uit. Was jou hande daarna deeglik, en moenie aan jou o� raak nie, jy gaan die hele dag huil.
Jy maak dit so: 6 knoffelhuisies, 2 jalapeno rissies, 50 gram bre�blaar pietersielie, 50 g gekrulde blaar pietersielie, 50 g oreganum, genoeg ekstra virgin-olyfolie om ‘n mengsel te maak, witwynasyn en sout om te geur.
As jy die mengsel in jou yskas wil b�re, moet jy nie die witwynasyn en die sout bysit nie, dit gaan dit laat verkleur. Voeg dit net voor gebruik by.
Nou sit jy al die bestanddele in jou koskapper en kap tot grof. Voeg die olyfolie in ‘n straaltjie by en kap tot ‘n lekker gladde tekstuur. Voeg wynasyn en sout by tot die geur vir jou lekker proe.
Ek sal hierdie sous met die oulike naam – chimmichurri – sommer ook oor pasta gooi en dit verder opzoesj met ‘n handvol parmesan-kaas
Picture: userealbutter.com







