¾ koppie kookolie
2 eiers
2 eiergele
gerasperde skil en sap van 1 lemoen
1 koppie Rachel’s Black plum and Roasted Fig Joghurt
250 g strooisuiker
2 koppies bruismeel
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit en voer ‘n 23 cm losboom koekpan met bakpapier uit.
Plaas die olie, eiers, eiergele, skil, sap, jogurt en strooisuiker in ‘n bak en klits.
Voeg bruismeel by en klits goed.
Skep in voorbereide koek pan en bak vir 45 – 50 minute tot gaar,
Koel in pan af vir 15 minute en keer uit op ‘n afkoelrak en laat heeltemal koud word.
Versier dan so:
1 koppie ligbruin suiker
1 vanilla bean, gesplit
1 ½ koppies water
10 gedroogde vye
mintblaartjies vir versiering
geroosterde amandel vlokkies vir versiering
Plaas die suiker, vanilla bean en water in ‘n potjie en kook vir 5 minute.
Voeg die vye in en kook op laag vir 10 minute tot vye sag is en stroop verdik
Laat afkoel. Sny die vye middeldeur en rangskik op die koek.
Drizzle die stroop oor die koek.
Sprinkel die amandelvlokkies oor en drissel met stroop.
Versier met mintblaartjies.
Notas:
Ek kon nie vars mint kry nie en het sommer ‘n bietjie mint in die buisies op gesit.
As die Rachels yogurts nie in Suid Afrika beskikbaar is nie, vervang dit met iets anders. By ons is ook ‘n Honey and fig yogurt wat ook lekker sal wees.
Foto: Hettie Bezuidenhout








