Meng die aartappels, tuna, preie, inhoud van die potato bake, 1 eier en mayonnaise goed deurmekaar. Plaas die meel, 3 eiers liggies geklits, en broodkrummels in 3 aparte bakkies. Vorm koekies en doop dit eerste in die meel, skud goed af, dan in die eier en laaste in die broodkrummels en braai in vlak olie tot goudbruin aan alle kante.
Kommentaar: Jenny Schneigansz
Ek maak min of meer dieselfde resep maar ek gebruik so 1 k oorskiet fyn aartappels en net 1 blikkie gedreineerde tuna dan kry ek 6 of 7 vis koekies uit afhangend van grote.

3de foto en kommentaar: Koos Van Der Merwe
So lief as wat ek vir viskoekies is kry ek dit net nooit soos dit moet wees nie. Die naweek toe sien ek die Tuna Koekies resep van Adam Cloete en toe probeer ek dit vanaand.
My bevinding.
Dit was vir my ‘n bietjie te pap om ‘n mooi koekie te vorm maar toe ek dit begin bak het dit mooi reg gekom.
Ek het nie Leeks in die huis gehad nie toe rasper ek maar ‘n halwe uie by.
Alweer anders het ek Sweet Chilli Sous in gesit i.p.v Mayonnaise.
Nou ja myne of Adam se resep julle kan maar probeer. My eerste viskoekies wat selfs vir my lekker was.
Dit was bietjie vars toe sit ek sommer bietjie sout en peper oor nadat dit gaar gemaak was.










Linde Perry Bergh
Heerlik. Ek vind as ek die eiers skei en die wit styfklop en in mengsel invou, kom die viskoekie ook fermer.
Adam Cloete
Dankie Koos. Ja ek onthou dat ek ook gedink het die mengsel is bietjie slap, maar omdat die koekies tog mooi gebak het, het ek dit so gelos. Die inhoud van die Potato bake is miskien bietjie min vir die hoeveelheid tuna en mens kan maar ‘n eetlepel meel daarby inmeng om dit makliker hanteerbaar te maak