Maak 18 liter gemmerbier.
(Is al maklik 35 jaar lank in ons familiegebruik. Ek het dit baie lank terug gemaak (kinders is almal uit die huis uit) maar gaan dit hierdie somer maak. Die resep het ek al so baie uitgegee . . . tot in Dubai!! Heerlik verfrissend.
17 liter water
2,5kg suiker
3 eetl fyn gemmer
1 eetl droë gis (korrels)
1 – 2 handevol (pit)rosyne
Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel.
Roer tot suiker opgelos is.
Sit deksel op.
Laat staan oornag.
Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!).
Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand









Geskuif