ROLL:
4 eiers
3 eetlepels suiker
1 teelepel sout
6 eetlepels koekmeel
Voer rolkoekpan uit met waspapier. Skei eiers, klits witte tot styf. Voeg suiker en sout by. Klits eiergeel, voeg gesifde meel by, vou geklitste eierwit by en vou in. Skep in rolkoekpan en bak vir 8 min. Keer uit op klam doek, verwyder waspapier. Smeer vulsel oor en rol op.
BEDEKKING:
½ koppie fyn maaskaas
6 eetlepels Cheddar smeerkaas
fyngekapte pietersiesie
gekapte pekan neute
Meng kase en smeer oor rol. Strooi pietersielie en gekapte neute oor. Verkoel en sny in skywe.
Foto en Resep: Martie Fourie Moolman
2de foto: Alberta van Wyk
Nota: Alberta van Wyk
Hier het ek nog ‘n eier by meel/eier mengsel bygevoeg want ek dink die eiers wat ek gebruik het was nie regte grootte nie. En ek het dit teen 200 grade gebak.









