6 aartappels, gekook en skoongemaak
1 ui, gekerf
1 pakkie spek, in stukkies geknip
1 koppie blatjang
60 ml asyn (sit eers net 20 ml in en pas aan na smaak)
20 ml mielieblom
60 ml melk
sout
Kook aartappels, trek skil af en sny in blokkies. Braai uie en spek in olie. Voeg asyn en blatjang by en kook vir 5 min. Roer aanhoudend anders brand dit vas. Meng mielieblom met melk en voeg by spek mengsel. Laat kook vir 5 min oor lae hitte, roer aanhoudend anders brand dit vas. Gooi sout oor aartappelblokkies . Gooi warm spek mengsel oor aartappels en meng. Slaai kan lou of warm bedien word. As ‘n soeter sous verkies word kan meer blatjang bygevoeg word voor die sous oor die aartappels gegooi word.
Een van ons kosvriende se resep
Foto: Adam Cloete
Reeds geskuif
Geskuif