SJOKOLADE VERSIERSEL
125 tot 250g regte botter
500 g versiersuiker
200 g kakao
3 e goeie kitskoffie (opsioneel)
10 ml karamelgeursel
1 eiergeel, geklits
lou melk
Ek meng die in my kenwood chef met klop hak, sit versiersuiker, kakao en botter in bak, meng deur, voeg vanielje en koffie by, begin klop, voeg lou melk stadig by, klop tot lig en romerig, voeg eiergeel by, klop goed, gebruik as vulsel of versiersel vir laagkoek
Variasie: Rum of kersielikeur ipv karamelgeursel
RESEP: Floraine Wasserman Venter








