SARDYNE MET N MIELIE-BOLAAG
Aandkossies in die louw woning
3 middelslag aartappels
1 middelslag ui gekap
100 ml water
1 blik (425g) sardyne in tamatie sous
3 eiers geklits
1 blik (410g) geroomde suiker mielies
50 g (250ml ) gerasperde cheddar kaas
2 ml sout
knypie peper
gekapte pietersielie
skeut balsamiese asyn
bietjie flippen lekker spice
1 t suiker
bietjie chillie flakes
Skil aartappels en sny in dobbelsteentjies , plaas dobbelsteentjies en uie in ‘n middelslag kastrol en voeg water by. Dreineer die sardyne en voeg die tamatiesous ook by die mengsel in die kastrol. Kook dit sonder deksel op matige hitte totdat aartappels sag is en die vloeistof verdamp het.
Spuit ‘n 1.5 liter oondskottel met spray & cook, voorverhit oond tot 180 grade C, verwyder die vis grate indien nodig en vlok die sardyne en voeg by die aartappel mengsel, asyn, spices, sout en peper. Meng , skep dan in oondskottel, meng die eiers, suikermielies en kaas en skep dit oor die vismengsel en bak in voorverhitte oond vir 45 min of tot gestol op middelste oondrak.
Strooi pietersielie oor en bedien
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw








