PATAT PLAATKOEKIES
1.5 koppies gaar patats (geskil en in blokkies, nie te waterig – ek het die oranje patats gebruik)
2 eiers
1.5 koppies meel
2 koppies melk (ongeveer, of 1 melk en 1 water)
1.5 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/4 koppie suiker
Olie vir vlakbraai
Kaneelsuiker
1. Maak gaar patats goed fyn.
2. Klits die eiers goed. Voeg suiker stelselmatig by en meng goed.
3. Voeg sout en bakpoeier by en meng goed.
4. Voeg nou meel en melk om die beurt by terwyl jy meng en tot al die meel op is.
5. Voeg patats by en meng.
6. Voeg nou oorblywende melk by tot die beslag die regte tekstuur bereik (slapperige plaatkoekie deeg).
7. Braai lepelsvol in medium warm olie op medium hitte plaat soos gewone plaatkoekies.
8. Sprinkel kaneelsuiker oor.
Ons het dit saam met frikadelle en slaai geëet – hmmmmmm!
Foto en resep Hanta Henning








