
NUTTIGE WENKE
‘n Knippie kaneel verleen ‘n pikante smaak aan kakoa.
As jy toffie lekkers of fudge maak, giet die warm mengsel in plastiek ysbakkies wat vooraf met margarien gesmeer is.
Nadat die gestol het het jy dieselfde hap groote blokkies!
Bedek die bak van n kombuis skaal met kleefplastiek voordat jy die bestandele daarop weeg. Die bak bly skoon en jy hoef dit nie te was nie!
Draai ‘n pypskoonmaker om ‘n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek.
Draai kosse wat gestoor moet word baie styf toe in foelie & draai kosse liggies toe wat opgewarm moet word.
Gooi ‘n stukkie botter in vla – dit voorkom dat dit ‘n velletjie maak.
Gooi ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.
Hou altyd ‘n houer tafelsout gereed by die stoof, sou die pan met vet of olie vlam vat kan jy dit smoor deur sout daaroor te gooi.
Hou kos vir ‘n groot onthaal warm op asbesverwarmers.Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene. Melk sal nie oorkook nie as ‘n albaster in die melkkastrol geplaas word.
Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.
Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur ‘n doek wat goed natgemaak is in koue water.
Om oorskiet pizza op te warm, sit dit bo-op die stoof in ‘n nie-kleefbare pan en maak warm op lae hitte.
Raak ontslae van sterk en onaangename kosreuke wat aan ‘n kerfplank kleef deur dit met ‘n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.
Voeg ‘n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.
Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.
Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie eet, kan jy brood of seldery eet of drink melk – moet glad nie water drink nie.
Wanneer warm vloeistof in ‘n fles gegooi word, plaas ‘n mes onder in die fles om te voorkom dat dit bars. (Della)
Lekker Gesels Hoekie






