Kors:
1 Pak tennisbeskuitjies net so omgepak onder in tertpan
METODE:
Rasper die skil van altwee suurlemoene baie fyn – derde vir vulsel derde vir sous en die ander derde vir die chilli stropie.
Meng die sap vandie suurlemoene saam met kondensmelk.
Klits die room baie styf en gooi die kondensmelk mengsel by die room en meng stadig tot mooi deur. Gooi bo-oor die tennis beskuitjies indie pan en strooi bietjie tennis beskuitjie krummels oor saam met die gerasperde suurlemoenskil. Sit in die yslas omte stol. Plus minus half uur.
CHILLIE STROPIE
1 en half k bruin suiker
Omtrent 6 rooi groen en geel hilloes vir kleur fyn skyfies gesny
2 derdes k sweet thai chillie sous
Half k water
Half t lepel gemmer
Kook alles saam tot stropie begin skuim – haal van hitte af en gooi ander suurlemoenskil by. Laat afkoel en bedien bo-op tert.
Resep en foto: Anita Bauman








