

KARAMELPIESANGBROOD
Maak 1 broodjie
1½ koppie fyn piesang (3-4 piesangs)
1 groot eier
6 eetlepels botter, saggemaak
¾ koppie ligbruin suiker
1 teelepel vanieljegeursel
1¼ witmeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie sagte toffies (Wilsons Cream Caramels), fyngekap of gerasper
Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer 1 broodpan van 22×12 cm.
Druk die piesangs fyn en meng dit met die eier, botter en suiker. Meng die droë bestanddele daarby tot net gemeng. Roer die gekapte toffies deur.
Krap die mengsel in die broodpan uit en bak dit vir 60-70 minute of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat dit vir 10 minute in die pan afkoel voor jy dit uitkeer. Laat die broodjie dan heeltemal afkoel voor jy dit sny.
FOTO: Rheda Vreken






