Dit is vir my ‘n groot voorreg om die volgende post aan twee baie speciale vrouens in my lewe op te dra, my ma by die huis en my Mthahtha ma. En ook aan my pa wat my geleer jag het en die koedoe geskiet het om die vleis te kan hê!! Die is ietsie wat hulle my geleer het en dit gaan soooooooooooooo LEKKER saam.
Dit is iets baie eenvoudig en mal lekker!! Charlene het vir my geleer van suur room en aartappels en my ma het geleer van die koedoe steak. Die steak is uit die groot buite fillet gesny. Jy kap dit met jou vleis hammer en bedek dit dan met meel, sout, peper en koljander. Braai dit dan in ‘n bietjie olyf olie in ‘n warm pan. Pasop dat dit nie droog word nie, onthou dis wildsvleis so dit raak maklik droog. Geniet!!!!
Die geheim met wild is koljander, naeltjie en neut. Dalk ook ‘n bietjie woester sous.
Johan Haarhoff








