BUFFALO WINGS
(volgens my man beter as Spur s’n)
Hoendervlerkies (die hoeveelheid gaan afhang van hoeveel jy wil maak)
Ontdooi die vlerkies en verdeel in “kleinboutjie” en die plat vlerkie deel.
Maak nou ‘n brine/marinade van:
2-3 Lt water
1/2 koppie sout
1 koppie droe witwyn
1/3 koppie suurlemoensap
50ml Worctersous of soyasous
2 teelepels swartpeper
2 Groot uie, in skywe of ringe gesny
2 Eetlepels knoffel (na smaak ook natuurlik)
Laat staan vir ongeveer 1 uur, en kook dan hierdie vlerkies in hierdie selfde brine vir plus minus 20 minute tot ‘n halfuur of tot gaar.
Haal nou die vlerkies uit die watermengsel en druk effens droog met kombuispapier. Maak olie goedwarm en deepfry nou hierdie vlerkies vir so 15 minute of tot mooi goudbruin.
Dien op saam met Spur se Durky Sous wat per botter by enige Supermark gekoop kan word.
Ons eet dit gewoonlik met uieringe, chippies of crumbed mushrooms. Dis baie lekker en baie geurig.
foto en resep: Dewet En Tania Botha