My resep:
1 koppie Mayo
1 koppie chutney
1 pakkie wit uiesop
1 koppie goeie droë witwyn
Moenie hoender ontdooi nie. sout, peper, knoffelvlokkies en sommer ‘n mengsel van droë kruie oor die stukke aan beide kante. Pak hoenderstukke in oondbak en gooi sous oor die hoender. Omdat die hoender nog gevries is is dit nie nodig om enige ander vloeistof by te voeg nie, hy maak sy eie sous.
Sit dit in die oond teen 9 uur en sit hom dan aan op 140º. Vergeet daarvan tot 1 uur, etenstyd en jy’t ‘n heerlike sagte hoender met ‘n “crisp”, bruin velletjie. Dis ‘n jare lange “favourite” in die Visserfamilie, noual by die kleinkinders! Op hierdie stadium meet ek ook nie meer nie en elke keer ‘n wenner!
Beulah Visser








