

YVETTE SE OONDPAN SJOKOLADE KOEK
Dit het ek toe gebak met die bestanddele wat ek in die huis gehad het. Julle moenie lag nie –
3 koppies bruismeel
2 koppies suiker
Knypie sout
1 teelepel koeksoda
1/3 koppie kakao
1 koppie olie
2 koppie warm water
50 ml asyn
2 teelepel vanilla essence
Meng alles saam en gooi in gesmeerde oondpan, bak 20min 180ºC
Versiering oor koek –
Klits 10 min versiersuiker, kakao, koffie en margarien saam, Gooi dadelik oor koek wanneer dit uit oond kom. En nou die stuk waarvoor julle nie moet lag nie, het ‘n pakkie cheap sjokolade koekies fyn gedruk en by versiersuiker bo in gemeng en het toe bietjie klapper in kas gekry, dit oorgegooi, halwe stuk donker sjokolade ook gekry en dit oor gerasper en vanoggend die room met pers jelliepoeier styf geklop en dit opgesmeer en laaste bietjie sjokolade bo-op dit gerasper.
Resep en foto: Yvette Cilliers






