VOLKORING-PAMPOENKOEK
Klop die volgende saam tot lig en romerig:
120g botter en
150g bruin suiker
Klop 2 eiers, een vir een by
Voeg die volgende by en meng deur:
250 ml koue pampoenmoes
25 ml heuning
50 g elk rosyne
droë, gekapte appelkose
droë, gekapte appels
pruimedante en sultanas
Laastens meng die volgende en voeg by en meng goed:
250 ml volkoringmeel
5 ml bakpoeier
105 g bruismeel
Skep in gemeerde, gevoerde ringkoekpan en bak in voorverhitte oond van 160 ° C vir 1¼ uur of tot gaar.
Versier na smaak – roomkaasvulsels is my gunsteling