SOUTBOLLETJIES
Rasper ‘n klein polonie in:
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
Klits saam 1 eier, 1 koppie melk en 2 eetlepels olie.
Meng met droë bestanddele.
Drup teelepels vol in warm olie en bak tot ligbruin.
Maak droog op kombuispapier.
Strooi lemoenpeper, Aromat of knoffelsout oor.
I.p.v. Polonie kan chillievis ( geblik ) gebruik word.
Resep en foto: Rheda Vreken








