

SANNIE SE KOEKSISTERS
Bron: Susanna Elizabeth du Plessis
Omtrent 5 dosyn koeksisters.
Stroop:
6 koppies water
3 koppies suiker
1 teelepel vanieljegeursel
Kook alles saam tot kookpunt en laat koud word. Die stroop moet yskoud wees wanneer gebruik, dan is die koeksisters lekker crispie.
Deeg:
4 koppies koekmeel
2 knippies sout
3 teelepels bakpoeier
Sif die droë bestanddele saam.
Smelt 2 groot eetlepels margarien en ‘n halwe koppie warm water saam.
Maak holte in meelmengsel en voeg 3 geklitste eiers en die margarien mengsel by.
Knie tot sagte hanteerbare deeg, voeg bietjie water by indien deeg te styf is en knie goed.
Laat rus vir 4 ure, vleg die koeksisters, bak in warm olie en doop in yskoue stroop.






