

PIESANGBROOD MUFFINS
8 oorryp fyngedrukte piesangs
500 g sagte margarine
4 koppies suiker
8 eiers goedgeklits
8 koppies koekmeel
3 teelepels koeksoda
5 ml piesang essense
4 teeleleps bakpoeier
1 teelepel sout
8 koppies melk
Room Margarine en suiker baie goed.
Voeg goed geklitste eiers by
Sif: Koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Los die koeksoda en in een van die koppies melk op.
Voeg nou die opgeloste koeksoda by die bottermengsel. Voeg die orige melk en die gesifte droë bestanddele om die beurt by die bottermengsel. Voeg essense by. Skep in pannetjies en bak vir 20 minute by 180 ºC.
Gebruik ‘n toetspen om te toets of broodjies gaar is, indien pen skoon uitkom. Haal uit smeer warm broodjies met margarine en geniet.
BRON: Ronell Swanepoel






