PASTASLAAI
1 pak skroefie noedels, die gekleurde pak
½ groen, rooi en geel soetrissie, fyn blokkies gesny
2 koppies wortels, grof gerasper
Meng saam vir sous:
kondensmelk
mayonnaise
klein bietjie asyn
1 teelepel mosterd poeier
Kook die noedels tot net sag. Laat goed koud word.
Meng die soetrissie en gerasperde wortels by.
Ek het geen maat vir die sous nie, ek gooi maar saam na skatting.
Meng die sous by.
Die slaai is op sy lekkerste ‘n dag later.
Bron: Heibre Schronen