

MEDITEREENSE HERDERSPASTEI
1 ui
½ groen soetrissie
1 groot wortel gerapser
500 g maalvleis
1 blikkie gekapte tamaties (ek gebruik graag die Italiaanse geur)
1 eetlepel lam- of maalvleis speserye
3 aartappels
½ pakkie Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor
1 blikkie of klein pakkie gevriesde, gemengde groente (nie met blomkool of brokkolie nie)
25 ml margarine
60 ml melk
3 ml bakpoeier
Parmesan of Cheddar kaas
olie of margarien vir braai
Braai ‘n medium gesnipperde ui in gesmelte margarien of bietjie olie tot ligbruin en deurskynend, voeg ‘n soetrissie en ‘n geraperde wortel by en braai vir paar minute tot die soetrissie sag is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot maalvleis bruin verkleur het. Voeg ‘n blikkie gekapte tamaties by en kook vir so 5 – 8 minute tot tamaties se ergste waterigheid weggekook het.
Strooi 30 ml koekmeel oor die maalvleis en roer deur.
Meng ‘n ½ pakkie “Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor van Woolworhts met 250 ml water en voeg by maalvleis. Voeg die lam- of maalvleis speserye ook by. Roer deur en kook vir so 2 minute. Voeg ‘n klein pakkie gevriesde (of ‘n blikkie afgewaterde) gemengde groente by en kook tot die maalvleis mengsel verdik.
Intussen kook ongeveer 3 groot aartappels wat ek geskil en in blokkies gesny het, in die mikrogolf in soutwater vir 12 minute.
Skep die maalvleis in ‘n vierkantige vuurvaste glasbak of in 4 individuele lasagne bakkies.
Druk die aartappels fyn en meng met die margarine, melk en bakpoeier. Voeg 50 ml fyn parmesan of so 150 ml gerasperde Cheddar kaas by. Meng goed en skep op maalvleis. Maak mooi met ‘n vurk. Strooi paprika oor en bak 20 minute of tot goudbruin in oond by 180ºC.
Resep geplaas deur Steph Kirchner






