

KNOFFEL KAAS BROODROL
Vir die brood:
7 koppies broodmeel
1 teelepel sout
1 eetlepel suiker
15 g suurdeeg ( korrelgis)
¼ koppie kookolie
1 ¼ koppie louwarm melk
1 koppie louwarm water
1 eier
Vulsel:
Gerasperde kaas
Gebraaide bacon
Knoffel ( botteltjie)
Pietersielie,gekap
Sous:
1 koppie room
1 koppie melk
1 pakkie souspoeier van jou keuse of potatobake.( ek het Diane sous gebruik maar ek glo nie dis in Suid Afrika nie)
Knoffel na smaak
Ek het so gemaak:
Sit die broodmeel in jou mengerbak en meng liggies.
Meng die lou warm melk, lou warm water, suiker, olie en suurdeeg. Laat staan vir 15 minute.
Terwyl die menger se motor loop op medium spoed begin die melk mengsel ingooi, halfpad deur gooi die liggies geklitse eier in en dan die res van die melk mengsel.
Hou dop want ek het nie alles nodig gehad nie. Laat die menger knie vir so 5 tot 10 minute. Ek haal dit dan uit en knie met die hand verder tot hy elasties is. Spuit n groot bak met kossproei en sit die deeg in.
Spuit die bo kant van die deeg ook liggies en maak toe met kleefplastiek.. sit op n warm plek om te rys tot dubbel die grote. Dis koud hier so ek het hom in ‘n kombersie toegedraai en op ‘n metaalstaander op die hotplate gesit.
Haal dit uit en knie af. Ek het die deeg in twee gedeel om n brood vir more te bak. Die een helfde( of soveel soos jy nodig het) rol dit uit in n reghoek vorm . Smeer ‘n laag knoffel oor. Gooi gerasperde kaas oor en die bacon, sprinkel mildelik met pietersielie.
Rol op soos n swiss rol.
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer of spuit n ronde springform koekpan. Sit ‘n laag foelie onderom aan die buitekant om die sous wat uitloop op te vang,
Meng die room, melk, souspoeier en knoffel.
Giet die helfde onder in die koekpan. Sny skyfies halfpad deur die broodrol. Moenie deursny nie. Lig versigtig en drapeer in die ronte in die pan. Giet die res van die sous oor en sprinkel gerasperde kaas oor. Maak toe met n vadoek en laat weer effe rys. So 30 minute. Bak vir 35 minute.
Haal uit en wag so 10 minute en verwyder met behulp van ‘n eierspaan en sit op ‘n opdien bord met ‘n randjie. Sny in skywe en bedien.
Gebruik die res van die deeg en bak vetkoek of soos ek ‘n brood vir more. Of as jy baie mense het maak twee.
Bron en foto: Hettie Bezuidenhout






