IDEES VIR BROOD PLATTER
Wilfred van der Merwe
lekker roereier met gekapte grasuie. Eier gemeng met bietjie mayonaise. Maak seker dis koud. Komkommer broodjies met aromat op. Salami en kaas. Fyn biltong en marmite broodjie.
Elsabie Templeton
gladde maaskaas met dun snytjies gerookte salm op ‘n saad broodjie of chic mayo op bruin brood
Elzette Calitz
Maak broodjies so na as moontlik aan bedieningstyd. Roereier broodjie fynbiltong met of bovril of cream cheese. My gunsteling tuna mayo broodjie
Celia De Villiers Enslin
Ek maak ook platters en toebroodjies word op die nippertjie gemaak. Biltong en marmite, eier mayo, hoendermayo en vleis soos ham of bief en kaas altyd gewildstes. Wissel af met bruin en wit brood.
Floraine Wasserman Venter
Fransebraaibroodjies, oop, met salm, maaskaas, gebraaide sampioene, rooiuiekonfyt en bakkies balsamiese asyn
Celia De Villiers Enslin
Ek het ook gevind soms is oop broodjies meer gewild en interessant. French loaf in skywe gesny..Maak al jou vulsels ens klaar reg in di aand, hou die botter uit die yskas , rasper klaar die kaas , sny die kkmkommer, ens dan kan jy dit net die oggend ‘pak’.
Leonore Bosman
Kyk, die hoofbestanddeel is brood, maar jy kan.dit maak met n twist. Smeer jou snye brood botter en.druk uit met n koekiedrukker.spuit patee met n versierbuis op die broodjies. Of vat n dag oud brood. Een.wat die winkel.self bak en nie gesny is nie en dan.sny jy die brood in die lengte. Ja lang snye. Dan mash jy gekookte eiers se eiergele deel dit op in twee bakkies, voeg by die een helfte sandwich.spread en by.die ander helfte tamatie sous of sweet chillie na smaak. Jyt viennas ook nodig. Nou smeer jy die lang snye botter en.dan stroke met die eiergele. Sit die vienna aan die bopunt van.die lang sny en.rol dit op. Draai toe met clingwrap. Die volgende more haal jy.die clingwrap af van.die rolletjies en sny dit in wieletjies. Hoop dit help.
Michelle Wolmarans
Braai n gerasperde ui met 2 geskilde tamaties Voeg blik bullybief by Mash alles as sag gekook het Klits n eier en voeg by Roer vinnig in met paar druppels tobasco sauce ne sout en pepper na smaak









