HILDA SE KORSLOSE QUICH
Ek het Saterdag weer my korslose quiche gemaak en die vulsel wat ek toe gebruik het was spinasie, bietjie feta en sampioene.
Die vegetariers in my gesin was baie gelukkig hiermee.
Vir groter ‘n groter quiche verdrie dubbel bestanddele maar gebruik 200 ml bruismeel.
Baie lekker en maklik!
1 koppie melk
2 eiers
1 koppie kaas
1 teelepel mosterdpoeier
50 ml bruismeel
sout en peper
Meng alles goed saam.
Plaas vulsel van jou keuse in bak – byvoorbeeld tuna en sampioene, spinasie en feta, oorskietvlies, gemengde gevriesde groente ens.
Skep die melkmengsel oor die vulsel en bak 30 minute by 180 ºC of tot bruin bo op.
Resep en foto – Hilda Lourens








