‘n HEERLIKE WINTERPOEDING
1 eetlepel botter
1 koppie suiker
1 koppie koekmeel
1 eier
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda, opgelos in bietjie melk
3 eetlepels appelkooskonfyt
Klits botter, suiker goed saam, en voeg die eier by. Meng goed, vou meel, melk en koeksoda in. Meng goed, roer konfyt in. Smeer oondbak, gooi beslag in.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 30 – 40 minute of tot gaar. Bedien met warm vla of roomys. Het resep by skoonma gekry, ons noem dit die tjop-tjop poeding.
Resep en foto: Mika Jacobs








