Sous:
2 koppies melk
3 eetlepels botter
4-6 eetlepels suiker
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel fyn gemmer
1-2 teelepels koffie
2-3 teelepels kakao
Sif die droë bestanddele saam. Gietdie melk, botter, olie, vanilla geursel, in maatbeker en mikrogolf vir minstens 2min of tot botter gesmelt het. Voeg dan die melkmengsel tesame met die eiers by die meelmengsel. En roer tot goed gemeng. Smeer muffinpan en vul die gate tot ¾ vol.
Bak vir 15-20 min of tot gaar, teen 180ºC. Herhaal tot beslag op is. Maak ongeveer 24 muffins.
Sous:
Maak sous wanneer muffins uitkom en laat rus tot die sous klaar is:
Giet al die bestanddele in ‘n maatbeker en mikrogolf tot lekker warm vir 3-4 minute. Haal uit en roer tot goed gemeng. Keer die muffins uit die pan en los omgekeer, giet die sous oor. Bedien warm met vla of vanilla roomys
Laat weet asb of julle dit ook so geniet het soos ek en my gesin.
Baie dankie!!!
Resep en foto: Emerencia Weber