Chinese rys word met koue rys gemaak. Sorg vir genoeg olie. Neem 3 eiers en scramble dit in n pan en hou eenkant. Braai gekapte ui en hou eenkant. Braai repies hoender of steak (met spice of soya sous maar sorg dat die vog weggebraai is). Opsioneel: braai sampioene en gevriesde gemengde groente. Gooi nou alles terug in die pan saam met koue rys. Besluit self oor porsies. Strooi met sout, peper en pietersielie na smaak.
Bron: Tina de Beer Gouws
Marian van Deventer
ek het klapper olie gevat en rou rys en n ui en3knoffel huisies en n stukkie gemmer gevat en dit saam gebraai tot rys lekker bruin was. Toe het ek sesame oil bygegooi en soyasous. Het nou nie spesefieke hoeveelheid van die 2 nie toe het ek kort kort bietjie water bygegooi en met deksel gekook tot gaar.
In ander pan het ek mushrooms, klein mielies opgesny, broccoli, blomkool gebraai. Laaste tamaties in gesit dat dit net warm raak. Voor ek die rys en groente gemeng het het ek rocket ingesnipper.
Foto: Marian van Deventer