6 Hoenderfillette
500g opgekapte Sampioene
2 groot Leeks
1 Ui
250g Bacon stukkies
Dijon mostert
Pof deeg
Paprika
250ml Room
Sout en peper.
Meelblom
Dit hang natuurlik daarvan af of jy een, twee of ses fillette gaan gebruik, hoeveel bestanddele jy gaan nodig hê.
Braai die opgekapte leeks, bacon en helfte van die mushrooms met ‘n bietjie sout in bietjie olie tot al die water verdamp het. Hou eenkant. Sny met ‘n skerp mes ‘n snit aan die dikste sykant van elke fillet, om ‘n sakkie te vorm. Stop dit met die sampioenmengsel en smeer ‘n laag Dijon mostert bo-oor. Skep ‘n lepel vol van die sampioenmengsel bo-op. Indien jy gekoopte pofdeeg gebruik, rol dit net oop sonder om dit uit te rol. Dit pof beter so. Sny dit in vierkante wat groot genoeg is om om die fillette te vou. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en plaas die fillet versigtig daarop. Plaas die deegvierkant bo-op en vou dit net onder die fillet in. Dit hoef nie die hele onderkant te bedek nie. Herhaal met al die fillette, verf die deeg met eier of melk, en bak in die oond by 180ºC vir ten minste 45 minute.
Braai intussen die opgekapte ui en die res van die sampioene, en voeg die room by sodra die sampioene begin sag raak. Strooi 2 teelepels paprika oor (dit is hoofsaaklik vir die kleur), geur met sout en roer deeglik. Laat prut tot die room begin verminder en roer dan bietjie meelblom by om die sous te verdik. Bedien die Wellingtons warm met die sous.
resep en foto: ADAM CLOETE