WENK VIR FONDANT / PLASTIC ICING
As jy ‘n ligte koek het, doen eers ‘n crumbcoat ( dun lagie botterversiersel) om al die krummels te laat vassit. Dan doen jy jou dikker laag botterversiersel net voordat jy die fondant opsit. Vir ‘n vrugtekoek sit jy eers ‘n lagie marsepein op. Maak seker dat wat jy onder die fondant sit is mooi glad want dit sal wys as jy die fondant gelyk maak.
Rol altyd gemaakte pettinice (fondant) op Maizena uit. As jy dit op versiersuiker uitrol raak dit taai. Om weer sag te maak, baie elbow ghries en Trex. Trex is ‘n groente vet botter. Ek het dit nog nooit met olie of botter probeer nie omdat diere vette galsterig kan raak. Deel dit in hanteerbare stukke en begin knie Jy kan ook so ‘n vuisvol op ‘n slag vir so ‘n halwe draai in die mikro sit om dit weer werkbaar te maak. Sommer nog ‘n ‘tip’ as jy gom nodig het om blommetjies aan die fondant te plak, neem so ‘n teelepel grootte pettinic met ‘n teelepel water en gee dit so ‘n paar draaie in die mikrogolf. Roer tussen elke draai, jy sal sien as dit reg is.
MMF is marshmallow fondant. Dit staan ook bekend as pettinice, plastic icing of net fondant. Sugar Veil is iets heeltemal anders wat saam met die kant (lace) sheets gebruik word. Jy smeer dit daaroor, laat dit vir ‘n dag staan en dan kan jy dit aftrek en daarmee werk soos materiaal kant.
Fondant word nooit totaal hard nie, mens kan dit altyd nog sny. As ek my Kersfeeskoeke maak, kan ek dit ‘n maand voor die tyd al versier maar dis omdat die vrugtekoek verseël is onder die fondant en dit kan niks oorkom nie. As jy ‘n gewone botterkoek of ander resep gebruik, dan gaan dit oor hoe lank die koek kan hou want die fondant is ‘never ending’. So met ‘n gewone koek sal ek dit nie meer as twee dae voor die tyd versier nie want as jy in ag neem dat dit dalk nog twee dae sal hou na aflewering om klaar geëet te word. Bottom line, dit gaan oor hoe lank die koek kan hou en nie die fondant nie. Hoop dit help?
Net aan nog iets gedink: om jou fondant mooi glad te maak is daar ‘tools’ in die mark wat ‘fondant smoothers’ genoem word. Wat ek ook al geleer het is dat ‘n stuk ‘leftover’ fondant net so goed werk. Gebruik ‘n stuk fondant om die fondant oor die koek superglad te maak – werk soos ‘n bom. Werk altyd van bo af ondertoe – as jy ‘n lugborrel het, druk ‘n klein gaatjie in die fondant en werk net genoeg daaroor, dit sal toemaak.
Geplaas deur Nicolette Fick
Foto: Wiandra Nel








