Hier is my weergawe van vinnige vetkoek. Dis heerlik en rys lekker as dit braai.
Sif saam 500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2ml sout
Voeg by 300 ml lou melk (nie warm, net lou) en meng goed.
Bak in warm (nie kokend) vlak olie tot mooi bruin aan weerskante. Vul met kerrie maalvleis of kaas en konfyt of waarvoor jy ook al lus het. Myne het nog nooit geflop nie.
Resep en foto: Steph Kirchner








