

PIESANG EN UIESLAAI
Genoeg vir 4-6 mense
4 teelepel botter
3 uie, in ringe gesny
500 ml (2 koppies) kookwater
Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag.
Voeg die kookwater by
20 ml maizena
20 ml geroosterde kerriepoeier
5 ml mosterdpoeier
5 ml borrie
75 ml water
75 ml witwynasyn
7.5 ml sout
5 ml peper
15 ml bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
8 piesangs
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny (opsioneel)
Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie. Roer gedurig tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel. Sny die piesangs in skyfies en voeg by sous. Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.
Foto en resep: Elize de Kock







Geskuif