HILDA SE KAAS EN UIE MUFFINS
5 fyn gekapte uie
2 knoffelhuisies
6 koppies koekmeel
10 ml koeksoda
100 ml suiker
750 ml gerasperde kaas
30 ml bakpoeier
knippie sout
500 ml melk
250 ml olie
4 eiers
Voorverhit oond tot 180 ºC.
Braai knoffelhuisies en uie in olie tot uie sag is.
Verwyder uie van warm plaat.
Meng meel, bakpoeier, koeksoda, suiker, sout en kaas saam in mengbak.
Klits melk, olie en eiers goed saam.
Roer uiemengsel by droe bestandele, roer vloeistof in en roer tot net gemeng.
Skep mengsel in gesmeerde kolwyntjie pannetjies en bak 20 minute tot toetspen skoon uitkom.
Laat muffins effens in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
Enige vleis kan bygevoeg word asook spesery vir geur en kleur!
GENIET!!!
FOTO: Hilda DeWet