GESTOPTE HOENDERDYE ALA RINA
4 hoenderdye ontbeen met vel aan
3 kaasworsies (myne was gerook)
paar sampioene baie fyn gekap
Tou om mee vas te maak
sout, peper en speserye na smaak
Sit die ontbeende hoender dye plat neer , ryg die worsies uit die derm en maak lekker fyn, pak die vleisies op die helfte van die oop hoenderdye, druk die fyn sampioene bo-op die worsvleis vas, smeer bietjie knoffel olie aan die kant waar daar nie vulsel is nie(opsioneel) vou toe en maak vas met tou(hier kan mens fyn uie ook bysit indien verkies)
Gooi sout, peper en bietjie speserye van jou keuse oor.
Sit op ‘n bakplaat en sit in die oond teen 180grade C vir ongeveer 40-60 min, draai gereeld om. Haal uit die oond, knip die toue af en bedien saam met groente en slaai soos verkies.
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans.