

VOLKORINGMEEL MELKKOS
130g (250ml) volkoringmeel
2ml bakpoeier
2-3 ml sout
15ml margarien
40-50 ml koue water
1liter melk, verhit tot net onder kookpunt
2 ekstra groot eiers, geskei
15 ml suiker
15 ml fyn kaneel
Sif meel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
Voeg semels wat in sif agtergebly het weer by.
Vryf die margarien in met jou vingerpunte tot goed gemeng.
Voeg net genoeg koue water by om die meel frummelrig te maak (pas op vir te veel water).
Strooi die deeg frummels stadig oor die verhitte melk in die kastrol terwyl aanhoudend met vurk geroer word.
Verlaag hitte en prut tot mengsel dik en gaar is. Roer elke nou en dan.
Klits die eiergele saam met die suiker en fyn kaneel tot lig en romerig.
Meng bietjie van die melk mengsel met eiergele en voeg dit dan stadig by die orige melk.
Roer goed en prut vir paar minute sodat eiergeel net gaar kan word.
Klits intussen die eierwitte tot sagte punte vorm.
Laat die melkmengsel effens afkoel en vou die eierwitte daarin.
Dien op met ekstra kaneel suiker indien verkies.
Bron en Foto: Elsabé Mulder Barnard






