Verhit die volroom longlife melk stadig, moenie kook nie.
Rasper die kaas.
Voeg hande vol kaas in warm melk en roer aanhoudend tot kaas gesmelt is.
Roer die rama by en roer tot gesmelt is.
Giet warm in botteltjies en draai dekseltjies vas, laat afkoel en bêre in yskas.
Die smeer kan met fyn biltong of gebraaide spek gegeur word.
Ek gebruik nie die heel fyn biltong nie, gaan vra die slagter om die biltong vir my fyn te sny dat dit nie die poeier is nie dit maak die smeer net lekkerder.
Groter resep: Esmé Swanepoel Cremer
1 kg BERG process cheddar
3 koppies volroom langlewe melk
500 g RAMA margarien, volvet
bietjie sout
Verhit melk, maar moenie kook nie.
Rasper kaas in en roer oor lae hitte tot heeltemal gesmelt, roer margarien by tot goed gemeng.
Gooi in gesteriliseerde bottels.
Kan geur met kruie, biltong, knoffel peppadews/chillies, ens en hou lank in yskas, maar nie te lank as mens weet dit is daar nie.
Ek gebruik sommer as kaas sous ook, verhit net weer in nog melk, heerlik!!!
Nota Rina:
Foto is dieselfde as Esme se resep, maar ek gebruik net een koppie melk en ek rasper nie die kaas en margerien nie, ek sny hulle net in klein blokkies en dit moet processed kaas wees.









Hi, is dit 250ml rama of 250g?
Jammer daarvoor Adri dit is 250g… geniet