

PIETER SE SNOEKSOP
1 snoekkop
1 klein uitjie, fyngekap
¼ teelepel witpeper
3 liter water
1 koppie droëboontjies
1 koppie lensies
2 aartappels in blokkies gesny
1 porsie vars snoek, in blokkies gesny
1 teelepel vismasala
1 teelepel borrie
¼ teelepel droë rissie
1 eetlepel sout
Sit die snoekkop, ui en witpeper in ‘n kastrol en bedek met water.
Kook vir 1 uur lank, gooi die aftreksel deur ‘n sif en hou dit.
Week die bone vir drie uur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Week die lensies vir ‘n halfuur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Sit nou die boontjies en lensies in die kastrol by die visaftreksel.
Voeg die aartappels en snoek daarby.
Geur dit met die vismasala, borrie, rissie en sout en laat dit prut tot die aartappels en die snoek gaar is.
RESEP EN FOTO: Pieter Vercuiel






