450 g wit marshmellows
900 g versiersuiker
1 1/2 eetl. water
1 teelepel vanilla geursel (optioneel)
Gooi die marshmallows in n mikrogolf bak en verhit op hoog vir 30 sekondes. Haal uit die mikrogolf en gooi die water en vanilla geursel by. Sit weer in die mikrogolf en verhit 30 sekondes op ‘n slag haal uit en roer. (Die resep se jy moet jou lepel smeer met trex ek weet nie wat dit is so ek het holsum gebruik dit sit maar nogsteeds aan die lepel vas as jy dit roer.) As die marshmellows mooi glad is (ek het gesien dat dit so 2-3 keer in die mikrogolf vat 1:00 of 1:30 min vat) gooi dan jou versiersuiker by bietjie vir bietjie en roer dit in tot alles in gegooi is. Smeer jou werksoppervlak en jou hande baie goed en dik met botter of holsum en gooi die fondant uit op jou werksoppervlak en knie totdat dit nie meer vassit
Nota: Dis presies dieselfde ek het altyd woodenspoon wit botter gebruik om my hande en die werksoppervlak te smeer en giter her ek holsum gebruik hulle altwee werk net so goed. En as n mens shape will uitsny en bang dit sit vas strooi jou oppervlak met mazina dit werk die beste dat dit nie vassit as jy dit uitrol. En as mens dit dan net vir so rukkie in die yskas sit is dit mooi blink en die poeier merke is weg, maar ek vat aktyd eers n verkwassie en haal meeste van die poeier so af
Mens kry daai pakkie mini wit marshmallows ek gebruik hulle, maar het ook al die gewone pink en wit pakke gebruik maar met hulle moet jy twee pakke koop want daar is nooit genoeg wittes in een pak. Die klein pakkies koop jy net 3 of 2 as hy die resep in die helfte deel.
Jy kan dit ook laat hardword as jy wil. Marhmallow fondant blaartjies wat ek ook gemaak het vir die koek dis klip hard. En het niks goed by gegooi net gelos in n tupperware bakkie.
Resep en Foto: Wiandra Nel








