LEANNE SE LASAGNE
Spuit oondpan en voorverhit oond tot 180 ºC.
Braai 2 uie en 1 greenpepper met 3 huisie knoffel gekap tot mooi bruin.
Sit nou 1 kg maer maalvleis by en braai tot mooi bruin.
Ek sit dan ‘n pakkie tamatie paste in en braai. Nou season jy dit met sout, peper, Ina Paarman se garlic en herbs en so kwart teelepeltjie kaneel. Moet nie die kaneel uitlos nie, dit gee so lekker smaak.
Nou voeg ek 2 blikkie Miami Boerie Relish Sweet Tomato by en laat prut tot dit ryk en geurig is. Maak genoeg kaassous (volg jou eie resep) en wanneer jy dit van die stoof afhaal voeg ‘n eiergeel by en meng deeglik. Die eiergeel wat jy byvoeg maak dat dit so mooi bruin bo bak. Begin nou met ‘n laag maalvleis, dan kaassous, dan lasagne velle. Maak soveel lae soos jy wil en bak in die oond vir om en by ‘n driekwart uur tot ‘n uur.
Foto en resep geplaas deur Leanne Thurston Coetzer