KERRIE EN ROTI / CHAPATI
Resep en foto: Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Ek skat altyd die hoeveelhede afhangende vir hoeveel mense ek kos maak.
1 kg vleisblokkies (vark, bees, lam, hoender)
olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngemaak
2 cm gemmerwortel, fyn gerasper
10 kerrieblare, opsioneel
1 teelepel sout
1 eetlepel suiker
2 groot tamaties, klein gesny
2 aartappels / patats
vars koljander, grof gekap
speserye
15 ml chilli poeier, meer of minder, afhangende van hoe warm kerrie moet wees
½ teelepel borrie
1 teelepel garam masala
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander
Rooster die volgende in ‘n droë pan om geure vry te stel:
1 ster anys
12 stukke heel kaneel
12 teelepels heel koljander
12 teelepels heel komyn
Gooi geroosterde speserye in ‘n stamper en vylsel en maak fyner. Nie heeltemal fyn nie – daar moet nog effense growwe stukkies wees.
Braai uit in olie tot goudbruin en sag. Voeg knoffel, gemmer, chilli poeier, borrie en garam masala by en braai effens. Voeg vleis, kerrieblare, sout, suiker asook geroosterde speserye by. Braai tot vleis effens verbruin het. Voeg tamaties, fyn komyn en fyn koljander by. Voeg ekstra water by indien nodig. Sny aartappels / patat in kwarte en voeg by. Kook tot gaar. Sous kan verdik word indien verkies. Roer vars koljander by en bedien.
ROTI
200 g / 400 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml olie
ongeveer 125 ml water
50 g / 50 ml sagter botter / margarien
Plaas meel en sout in mengbak van voedselverwerker of menger en voeg olie by. Knie / verwerk tot gemeng. Voeg dan genoeg water by om matige sagte deeg te kry. Verwerk tot elasties.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot 1.5 cm dik in reghoekige vorm uit. Smeer botter egalig oor deeg en rol ferm op vanaf langer sykant. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 1 uur.
Sny rol in 8 – 10 ewe groot stukke en rol elke stuk in ‘n bal. Rol elke bal op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot ‘n sirkel tot baie dun.
Verhit ‘n kleefvrye pan tot matig warm en plaas roti daarin. Bak tot blasies vorm en roti lig goudbruin aan die onderkant is. Draai om en maak ander kant ook gaar. (Dit gaan baie vinnig). Maak gaar roti’s toe met vadoek en bêre in lugdigte houer. Vries baie goed.








