GROENTE PASTEI
1 pak puffpastry
½ pak Mc Cains stirfry plus butternut blokkies van Mc Cains soos jy verkies (Of enige ander (vars) groente van jou keuse)
3 eiers
½ koppie melk of room
olyfolie
2 of 3 eetlepels sweet chillie sous
speserye van jou keuse
Rol puff pastry uit om te pas in vierkant of reghoekige gemeerde oondvaste bak. Laat deeg bietjie oor kante hang, om later terug te vou. Smeer dan sweet chillie sous op die boom van die deeg. Roerbraai jou groente in olyfolie, ek gebruik gedroogde sweet basil, bietjie origanum, sout, swart pepper en pietersielie. Pak groente bo-op deeg en vou net al vier kante na binne. Ek sny die baie lang stukke deeg af en hou dit om blare te maak vir versiering. Klits jou eiers en room of melk saam en gooi bo-oor groente. Plaas dan die blaartjies bo-op en strooi paprika liggies bo-op. Bak 180°C vir 1 uur.
Ek het al die groente pastei sonder die room/melk en eiers probeer net so lekker.
Resep en foto: Elmarie Snyman









geskuif