1 medium eiervrug in blokkies gesny
1/2 ui en een knoffelhuisie fyn gekap
Olyfolie
Sout en peper
Een blikkie gaar, gekapte tamaties
250 ml room
1 pak pasta
Mozzarella kaas
Parmesaankaas
1. Braai eiervrug in olie (maak seker dat eiervrug blokkies aan alle kante vol olie is) en besprinkel met sout en peper.
2. Na so 10 minute, sit knoffel en uie by en braai tot deursigtig.
3. Sit tamaties by en laat prut.
4. Maak nou die pasta gaar volgens aanwysings (penne pasta werk lekker vir die resep).
5. Terwyl pasta kook, voeg room by die eiervrug en tamatie mengsel en laat verder prut.
6. Wanneer die pasta gaar is, gooi meeste van die water af – behou omtrent ‘n koppie vol saam met die pasta.
7. Meng die eiervrug mengsel met die pasta. Breek stukke mozzarella kaas daarin en meng goed.
8. Sit voor met parmesaan en growwe swartpeper oorgesprinkel.
Hanta Henning aangepas
Jamie’s dinners: the essential cookbook. London: Penguin. pp. 194-195.







