BASILPESTO-PASTA SLAAI MET AVOKADO
Meng gaar pasta van jou keuse met ‘n opgesnyde tamatie, groenrissie en avocado asook olywe van jou keuse. Strooi ‘n goeie skudsel Aromat en bietjie Cayenne peper oor. Meng ± 2 eetlepels pesto met 2 eetlepels mayonnaise en meng dit versigtig deur die slaai om nie die opgesnyde avos stukkend te maak nie. Die hoeveelheid hang af van die grootte van jou slaai en dit moet net genoeg wees om alles te smeer. Maak toe met kleefplastiek en laat vir ten minste 30 minute staan vir die geure om goed deur te trek.
ADAM CLOETE








